Die departement van energie het aangekondig die petrolprys sal Dinsdag om middernag met 69c per liter daal, terwyl die prys van diesel met ʼn swawelinhoud van 0,05% met 15c per liter sal styg en 0,005% met 14c per liter sal styg. Paraffien word 17c per liter duurder en die prys van gas sal met 120c per kilogram daal.
“Die gemiddelde internasionale produkpryse van petrol het gedaal terwyl diesel en paraffien gestyg het tydens die tydperk onder oorsig” het die departement in ʼn verklaring gesê.
Die prys van ru-olie het in vergelyking met die vorige tydperk gemiddeld gestyg hoofsaaklik weens gerugte dat die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) produksie kan sny. Die rand het versterk teenoor die Amerikaanse dollar in vergelyking met die vorige tydperk onder oorsig.