Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

ANC-hoë se vrou in hof oor ‘bedrog’

$
0
0

hof-hamer

Argieffoto.

Portia Sizani, die vrou van ANC hoofsweep Stone Sizani, het Maandag in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn nadat sy na bewering die Oos-Kaapse onderwysdepartement uit R1.2 miljoen bedrieg het.

Sizani, wat ten tyde van die beweerde oortreding die distrikskoördineerder van die departement van vroeë kinderontwikkeling was, word daarvan beskuldig dat sy “spookonderwysers” aangestel het en dan hul salarisse vir haarself geneem het. Die departement van vroeë kinderontwikkeling hanteer die aanstelling van Graad R-onderwysers in Oos-Kaapse skole.

Sizani het in 2014 skuld ontken op die 31 aanklagte van bedrog en geldwassery teen haar. Sy het Maandag weer in die hof verskyn, met ʼn groep vriendinne aan haar sy.

Daar is Maandag aan die hof gesê vyf getuies het skielik verdwyn en kan nie opgespoor word nie. Ao. Kobus Kotze, die ondersoekbeampte, het gesê die verhoor was reeds aan die gang toe dit aan die lig gekom het dat daar uitstaande getuieverklarings is.

Volgens Kotze moes ten minste vyf getuies voor die hof getuig. Hy het polisierekords, die mense se kredietrekords nagegaan en vorige adresse besoek, maar die mense het net “verdwyn”. Hy het gesê ʼn lasbrief vir die inhegtenisname van een vrou is uitgereik, maar sy het ook kort daarna verdwyn.

Die hof het ook gehoor hoewel 100 verklarings tydens die ondersoek afgeneem is, is slegs enkele daarvan aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) oorhandig, aangesien ondersoekbeamptes nie almal as relevant beskou het nie.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer die hof uitspraak sal lewer oor die toelaatbaarheid van sekere getuienis.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621