Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Video] Betogers ontwrig rugbywedstryd

$
0
0

Foto: Twitter via @UFS_SRC

Foto: Twitter via @UFS_SRC

Chaos het Maandagaand op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) uitgebreek, toe betogers op die veld gehardloop het waar die Shimlas-rugbyspan teen die Madibaz van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gespeel het.

Toeskouers by die wedstryd het aan Maroela Media vertel hoe die reuse groep betogers, geklee in EFF-klere, die rugbyveld bestorm, op die veld gedans en gesing en die wedstryd ontwrig het. ʼn Geveg het tussen die spelers en betogers uitgebreek en talle omstanders het ook op die veld gehardloop.

Die betogers is glo van die veld verjaag en die polisie was oomblikke later daar. Omstanders is kort daarna gevra om die veld te omsingel om die rugbyspelers te beskerm indien die betogers terugkeer. Die polisie het ook vinnig die stadion omring.

Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar gesê die universiteit sal later kommentaar lewer wanneer hulle gereed is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621