Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

SA sleep voete met AGOA-ooreenkoms

$
0
0
Pres. Barack Obama en pres. Jacob Zuma  by die Uniegebou in Pretoria tydens die Amerikaanse president se besoek aan Suid-Afrika in Junie 2013 (Foto: GCIS)

Pres. Barack Obama en pres. Jacob Zuma by die Uniegebou in Pretoria tydens die Amerikaanse president se besoek aan Suid-Afrika in Junie 2013 (Foto: GCIS)

Die Verenigde State van Amerika raak al hoe meer ongeduldig met Suid-Afrika oor sy beweerde voetslepery om die verbod op die invoer van Amerikaanse vleisprodukte op te hef.

Suid-Afrika se volgehoue deelname in die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa), wat verseker dat miljoene dollar van Suid-Afrika se uitvoere belastingvry in die winsgewende Amerikaanse mark toegelaat word, steun grootliks daarop dat hy gesondheidsbeperkings ophef op die invoer van Amerikaanse bees- en varkvleis en hoender.

Die Amerikaanse kongres het vroeër vanjaar Agoa – wat in September sou verval – vir ʼn verdere 10 jaar verleng vir die ander 38 Afrikalande wat in aanmerking kom. Maar hy het spesifiek Suid-Afrika se volgehoue deelname op voorwaarde gestel dat beperkings op Amerikaanse invoere opgehef moet word en dat Suid-Afrika wetgewing moet laat vaar wat buitelandse eienaars van veiligheidsmaatskappye verplig om minstens 51% van die maatskappye aan Suid-Afrikaners te verkoop.

Suid-Afrika het nog tot 30 September geleentheid om die veranderinge in werking te stel of die land staan die risiko om al sy Agoa-voordele te verloor wat uiters voordelig vir talle Suid-Afrikaanse uitvoerders was, veral vir motorvervaardigers.

Suid-Afrika verbied die invoer van hoender uit Amerika al die afgelope 15 jaar uit kommer oor die uitbreking van verskeie siektes onder Amerikaanse vee. Varkvleis word al vir 12 jaar verbied en beesvleis vir drie jaar.

Amerika voer aan die vrese word uit verband geruk.

Ná lang onderhandelinge het Suid-Afrika, vroeg in Januarie vanjaar, tydens ʼn vergadering in Parys, Frankryk, ingestem om ʼn jaarlikse kwota van 65 000 ton Amerikaanse hoenders te aanvaar.

Laird Treiber, ekonomiese raadgewer by die Amerikaanse ambassade in Pretoria, het gesê sy regering het verwag dat Suid-Afrika die ooreenkoms binne ʼn paar maande sou implementeer. Nagenoeg agt maande later is dit nog steeds nie gedoen nie, en Suid-Afrika spreek nou sy kommer uit oor die uitbreking van voëlgriep in sommige Amerikaanse state en gebruik dit as ʼn verskoning om nie die verbod op te hef nie.

Verskeie Amerikaanse regeringsagentskappe het op 11 Augustus ʼn openbare verhoor in Washington gehou, soos vereis deur die kongres, om te bepaal of Suid-Afrika aan die voorwaardes voldoen vir volgehoue lidmaatskap in die Agoa-ooreenkoms.

Treiber het later in ʼn onderhoud gesê sy regering wil sien hoe Amerikaanse vleis die Suid-Afrikaanse mark betree, voordat die administrasie op 30 September aan die kongres verslag doen of Suid-Afrika steeds deel mag bly van Agoa.

Hy het gesê Amerika wil hê die Suid-Afrikaanse verbod op pluimveeprodukte moet streeksgebonde wees, dit wil sê, slegs die dele waar voëlgriep voorgekom het, word verbied. “Suid-Afrika se posisie is egter dat, indien daar een siek voël iewers in die land is, verbied hy voëls van enige plek uit die VSA.”

Hy het egter bygevoeg daar is geen rede om te dink dat ʼn uitbreking van voëlgriep in Kalifornië pluimvee in New Jersey sou raak nie. Die internasionale standaard vir ʼn kwarantyngebied is 20 vierkante myl rondom die uitbreking, nie die hele staat nie, en definitief nie die hele land nie.

“Meer as 100 lande aanvaar ons pluimvee, terwyl 20 hul invoere streeksgebonde gemaak het.”

Amerikaanse beamptes het ook gesê Suid-Afrika het vanjaar reeds pluimvee aanvaar van 10 Europese Unie-lande, ondanks ʼn volgehoue uitbreking van voëlgriep binne die EU, waar handeldryf “grensloos” plaasvind.

Hulle wou weet waarom Suid-Afrika die VSA nie op dieselfde wyse as die EU hanteer nie.

Volgens Business Day het Suid-Afrika se ambassadeur in die VSA, Mninwa Mahlangu, gesê Suid-Afrika sal invoere van siektevrye streke aanvaar indien daar binne die volgende ses weke nie weer enige verdere uitbrekings van voëlgriep is nie. Ander beamptes het egter gesê sy uitspraak is teenstrydig met dit wat Suid-Afrikaanse veeartsenybeamptes op 27 Julie aan Amerika gesê het, dat Suid-Afrika nie gereed is om die invoere streeksgebonde te maak nie, en volgehou het dat hy geen pluimvee uit Amerika sal aanvaar vir so lank as wat daar enige voëlgriep op enige plek in Amerika is nie.

Mahlangu het aan die paneel gesê die kabinet het ingestem om die verbod op Amerikaanse beesvleis op te hef wat ingestel is om die verspreiding van malkoeisiekte te verhoed. Amerikaanse beamptes het egter daarop aangedring om ʼn geskrewe bevestiging van hierdie besluit te sien.

Treiber het gesê die VSA wil ook konkrete bewyse hê dat die Wysigingswet op die Regulering van die Private Sekuriteitsbedryf gewysig sal word om die vereiste, dat buitelandse eienaars minstens 51% eienaarskap aan Suid-Afrikaners moet afstaan, te verwyder.

Mahlangu het aan die verhoor in Washington gesê pres. Jacob Zuma het die wysigingswetsontwerp ongeteken teruggestuur aan die parlement. Dit verhoog die hoop dat die vereiste oor meerderheids- plaaslike eienaarskap verwyder sal word.

Die betrokke potensiële vleisuitvoere beloop ongeveer $100 miljoen in totaal. Die handelsverhouding tussen die twee lande beloop ongeveer $20 miljard.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images

Trending Articles


Die beste tyd van my lewe


Egpaar vas nadat hulle hul dogters aan vriend verkoop vir seks


Mikrogolf-wortelkoek


Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?


7 vlekke wat ’n student moet kan verwyder


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Taalgebruik: rand of rant?


Hoe gaan dit nou?


Maar een Suid-Afrika


LêNet: Aanpassessie