Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Studente vergader oor Tuks-taalbeleid

$
0
0
Skermskoot uit @epignostic se video op Twitter

Skermskoot uit @epignostic se video op Twitter tydens die openbare vergadering op 18 Februarie 2016 oor die taalbeleid by die Universiteit van Pretoria

Streng sekuriteit is Donderdag op die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria toegepas tydens ʼn openbare vergadering om die universiteit se taalbeleid te bespreek.

ʼn Groot hoeveelheid studente het by die vergadering opgedaag en sekuriteit en polisiebeamptes het streng beheer uitgeoefen dat die skare nie oproerig raak nie. Talle lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het hulself teen Afrikaans as onderrigtaal uitgespreek.

Prof. Cheryl de la Rey, visekanselier van die UP, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die universiteit se taalbeleid word tans hersien. “Die hersieningsproses het in Februarie 2015 begin in die lig van die veranderende studentedemografie en om die universiteit by te staan om akademiese sukses vir studente te verseker,” het sy gesê.

Die verslag van die taakspan, wat aangestel is om die taalbeleid te ondersoek, is op 27 Februarie 2015 by die senaat bespreek en dié verslag word tans met studente en fakulteite bespreek. “Ná die konsultasieproses sal die Raad die voorstelle vir ʼn toekomstige taalbeleid oorweeg.” De la Rey het dit benadruk dat enige veranderinge aan die taalbeleid in ooreenstemming met die betrokke wetgewing gedoen sal word, aangesien die taalbeleid ʼn statutêre saak is wat aan die minister van hoër onderwys voorgehou moet word.

Intussen het die vakbond Solidariteit vandag in ’n skrywe aan Kabelo Mahlobogwane, die EFF-voorsitter by die Universiteit van Pretoria, gewaarsku dat hy regstappe sal doen indien die party môre, Vrydag 19 Februarie, met sy beplande kampusbetoging voortgaan om die Universiteit van Pretoria (UP) in Mahlobogwane se woorde “onregeerbaar” te maak.

Volgens Johan Kruger, adjunk-hoofsekretaris van Solidariteit, is die uitspraak deur Mahlobogwane gevaarlik omdat dit ander aanhits om ’n misdaad te pleeg. “Deur te stel dat ’n instansie onregeerbaar gemaak sal word, word daar geïmpliseer dat die instansie deur die gebruik van geweld, wat onder andere kwaadwillige beskadiging van eiendom insluit, gedwing sal word om sy bedrywighede te staak,” het Kruger gesê.

Volgens Kruger is die vakbond verder ook bekommerd oor die veiligheid van die personeel en ander studente op die kampus. “Baie van UP se personeel is ons lede en dit is ons plig om te verseker dat ons lede se veiligheid by hul werkplek verseker word,” het Kruger gesê. “Personeel op die kampus het die reg om te werk en die reg op die veiligheid van die persoon. Só ’n aksie sal direk inbreuk maak op hierdie regte,” het Kruger verduidelik.



Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!