Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Video] Wits skors EFF-studente wat verkiesing ontwrig

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het bevestig dat hy lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) geskors het nadat hulle Dinsdagaand ʼn debat tydens die Studenteraadsverkiesing ontwrig het.

Die party word ook nie meer erken as ʼn vereniging by dié universiteit nie.

Die debat moes gekanselleer word weens ʼn fisiese onderonsie en die EFF-lede op die verhoog geklim en begin het om te dreunsing, “Geen SR”.

Die uitvoerende komitee van die universiteit se raad het gesê hy neem met misnoeë kennis van die ontwrigting, aangesien dit teenstrydig is met alles waarvoor die universiteit staan.

Die universiteit het gesê, nadat hy beeldmateriaal van die voorval gesien het en met die verkiesingsbeampte en haar kollegas vergader het, dat daar redelike gronde bestaan om te glo dat die ontwrigting deur lede van die EFF-vereniging by Wits georkestreer is.

“Lede van die Wits EFF voer aan die ontwrigting het plaasgevind omdat sommige van hul lede deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar word,” het die universiteit gesê. “Hulle word wel in die gesig gestaar deur dissiplinêre verrigtinge vir voorvalle wat plaasgevind het voor die verkiesing, maar dit is waar van ander studente ook. Die universiteit se reëls geld vir alle studente en dissiplinêre verrigtinge duur voort ongeag of die individu aan die verkiesing deelneem.”

Volgens die universiteit sal kandidate nie aan die SR kan deelneem indien hulle die verkiesingskode verbreek het en gevolglik geskors is nie.

Waar daar bewyse is dat studente betrokke was in geweld en/of dreigemente van geweld, is die studente ook geskors. “Nie een van hierdie studente het berou getoon oor hul rol nie en daar is dus geen aanduiding dat hulle hulself in die toekoms nie op só manier sal gedra wat die omgewing polariseer en dit tot geweld sal lei en die veiligheid van personeel en studente by Wits in gevaar gestel word nie.”

Die gevolg van die skorsing is dat hierdie studente dus onmiddellik van alle Universiteitspersele en aktiwiteit uitgesluit is.

Die universiteit sal ook ondersoek instel of, onder andere, die verkiesingskode verbreek is.

Die komitee het dit benadruk dat die visekanselier bewus is van die belangrikheid van studentebestuur en die verkiesing sal voortaan met verhoogde sekuriteit geskied.

Intussen het die EFF die universiteit versoek om die besluit oor die skorsing terug te trek. “Ons verwerp hierdie skorsing in die lig van die feit dat dit gerieflikheidshalwe op die vooraand van die SR-verkiesing plaasvind, wat die EFF sou wen,” het Lehlohonolo Fana Mokoena, waarnemende nasionale woordvoerder van die party, Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Die EFF hou vol hy is in kennis gestel dat daar “geen bewyse bestaan dat spesifieke EFF-lede verantwoordelik is vir die voorval nie” en dat die universiteit nie ʼn “behoorlike ondersoek” gedoen het nie.

Die party het gesê hy sal nie die besluit sommerso aanvaar nie, en het die uitvoerende komitee van die universiteit versoek om die “drakoniese” besluit terug te trek. “Ons doen ʼn beroep op hulle om eerder die betrokke voorval deeglik te ondersoek,” het Mokoena bygevoeg.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!