Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Twee sterf in Centurion-botsing

$
0
0
Een van die motors se wrakke. Foto: ER24

Een van die motors se wrakke. Foto: ER24

Twee mense is dood en vier beseer toe twee motors Sondagaand op die N14-snelweg in Centurion gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het naby die R55-afrit plaasgevind.

“Albei motors het drie insittendes gehad. Twee mans, een van elke motor, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê.

Twee mense is kritiek beseer en met ʼn private helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. “Die ander twee mense is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na ʼn hospitaal geneem.”

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!