Image may be NSFW.
Clik here to view.
Paramedici het Vrydagoggend die liggaam van ʼn man gevind nadat hy glo van ʼn krans naby Hillcrest in Durban na sy dood gespring het.
Clik here to view.

Foto: Netcare 911
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 01:30 na ʼn krans in die Inchanga berge ontbied met die nuus dat ʼn man by die berg afgespring het.
“Toe paramedici by die toneel aankom, was dit te donker om na die man, glo in sy 40s, te soek en die soektog is uitgestel,” het sy gesê.
Omstreeks 07:00 het die Netcare-reddingspan in samewerking met die polisie se soek-en-reddingspan die soektog hervat. Reddingsbeamptes het by die krans afgeklim en die man se liggaam gevind. Die man het veelvuldige beserings opgedoen, het sy gesê.
Die besonderhede rondom die voorval is nie bekend nie en sal deur die polisie ondersoek word.