Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vodacom-hoof koop R4 miljoen se aandele

$
0
0
Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom Foto: Vodacom

Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom Foto: Vodacom

Shameel Joosup, uitvoerende hoof van Vodacom, het R4 miljoen se aandele in die maatskappy gekoop, volgens inligting wat die Johannesburgse Effektebeurs Vrydag vrygestel het.

Joosup het 26 608 aandele teen R139.18 elk aangeskaf vir ʼn totale waarde van R4 miljoen.

Die aankope is interessant gegewe die maatskappy se vooruitsigte in ʼn tyd wanneer selfoonmaatskappye se inkomste in Suid-Afrika onder druk is weens swak verbruikersbesteding. Data-inkomste verhoog vinnig, maar dit is steeds relatief laag in verhouding met die algehele inkomste.

Vodacom se aandele is op 28 April teen R154 elk verkoop.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images