Die Limpopo-polisie het Donderdag die name bekend gemaak van die man en vrou wat Woensdag dood in ʼn motor in ʼn parkeergebied in Polokwane gevind is.
Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het die oorledenes geïdentifiseer as Tebogo Maenetja (24) en John Ranganga (37) nadat hul naasbestaandes van hul dood in kennisgestel is.
Maroela Media het Woensdag berig Maenetja en Ranganga se liggame is in ʼn motor in ʼn parkeergebied op die hoek van Biccard- en Jorissenstraat gevind.
Daar word vermoed dat Ranganga omstreeks 15:00 vir Maenetja geskiet het, voordat hy homself geskiet het. Otto het gesê die ondersoek duur voort oor wat die motief vir die voorval is, en wat die twee se verwantskap was.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ook ʼn geregtelike doodsondersoek.