Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man vertel van trauma ná plaasaanval

$
0
0

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Gesin van die Paarl is te bang om terug te keer na die plaas waar hulle woon nadat hulle die jongste slagoffers was van ʼn reeks plaasaanvalle in die gebied.

Elisa Nel (47), die bestuurder van ʼn plaas in Agter-Paarl, het Maroela Media vertel van die traumatiese ervaring toe die gesin verlede Donderdag omstreeks 01:50 wakker geskrik het met vier aanvallers wat oor hulle staan.

“Ek, my vrou en ons dogter (15) het almal op die banke voor die televisie aan die slaap geraak. Alles was gesluit, maar die alarm was nog nie aan nie omdat ek 02:00 moes ry om boorgatpompe op die plaas te gaan afsit,” het hy gesê. “Toe ek my oë oopmaak, het vier mans met messe en pangas voor my gestaan.”

Die mans het die Nel-gesin glo rondgeruk en Elisa ʼn paar keer met die vuis in sy gesig geslaan. Hulle het geld en vuurwapens geëis en het Elisa gedwing om die kluis in die huis oop te sluit. In een stadium het die aanvallers glo aan Elisa se dogter gevra hoe oud sy is. “Ek dink sy het nog gesê sy is 13 jaar oud en toe sê hulle vir mekaar, ‘No, she’s too young’,” het Elisa gesê.

Die aanvallers het die gesin aan mekaar vasgebind en in ʼn slaapkamer toegesluit voordat hulle met vuurwapens en ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan het. Elisa kon later daarin slaag om homself los te wikkel en op die tweerigting-radio om hulp te roep.

Hy het gesê lede van die plaaslike buurtwag en die polisie was vinnig op die toneel. Hulle het die aanvallers glo agternagesit, maar kon hulle nie vastrek nie.

Volgens Elisa woon die gesin al ses jaar op die plaas en is dit die eerste keer dat so iets daar gebeur. “Ons is baie gelukkig dat ons ongedeerd daarvan afgekom het. Daar was al so baie aanvalle die afgelope paar maande in hierdie area en baie van die mense is erg met pangas en messe aangerand,” het hy gesê.

“Maar dit is maar baie traumaties vir ons almal. My dogter kry berading sedert die aanval, maar sy weier om huis toe te kom. Sy is net te bang. Ons woon nou tydelik by vriende op die dorp terwyl die veiligheid by die huis eers opgeskerp word.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!