Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Swartgesig’-herrie: Ondersoek gaan voort

$
0
0

black-pers-face-stellenboschDie Universiteit Stellenbosch (US) het gesê die ondersoek na ʼn beweerde blackfacing-voorval gaan voort.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier, het in ʼn universiteitskrywe gesê die universiteit is bewus van hoe daar aanvanklik aangedui is dat dit ʼn geval van “blackfacing” was en hoe daar nou aangevoer word dit is “duidelik nie blackfacing nie”. Dit volg nadat daar aanvanklik foto’s versprei is waar dit lyk of die studente swart verf op hul gesigte het, maar daar later foto’s versprei is waar die studente duidelik pers verf op hul gesigte het.

“Dit plaas die kollig op die kompleksiteit van sulke kwessies en hoe uiteenlopend en wispelturig standpunte op sosiale media kan wees. In sulke sake word ons gelei deur ons dissiplinêre kode vir studente. Die universiteit kan nie optree op grond van menings of foto’s in die media, op sosiale media of individuele standpunte nie,” het De Villiers gesê.

Hy het gesê die ondersoek moet plaasvind sodat al die feite voorgelê en deeglik oorweeg kan word. “Die proses is in werking gestel met die skorsing van die betrokke twee studente uit hul koshuis terwyl die ondersoek aan die gang is. Dit is standaardpraktyk vir ondersoeke, nie net aan die US nie. Dit is belangrik om in ag te neem dat ʼn ondersoek nie gelykstaande is aan ʼn skuldigbevinding nie.”

De Villiers het gesê die betrokke studente is Vrydag deur die universiteit se krisisdiens ondersteun. “Die Universiteit Stellenbosch is nie ʼn afgesonderde enklawe wat van die res van Suid-Afrika geïsoleer is nie. Ons maak deel uit van die res van die samelewing en die hoëronderwyssektor. Ons neem kennis van nasionale debatte en die ervarings van studente. In die lig van ‘blackface’-voorvalle aan die US en by ander universiteite in 2014, en die negatiewe uitwerking wat dit gehad het, neem ons sulke bewerings ernstig op.”

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het intussen aan Maroela Media bevestig die betrokke studente bly uit die koshuis geskors maar dat hulle wel klasse mag bywoon.

Die studenteorganisasie Open Stellenbosch het aanvanklik nadat die foto’s op sosiale media versprei is, geëis dat die betrokke studente geskors word en dat die huismoeder en huiskomitee van hul amp onthef moet word. Die organisasie het egter Maandag in ʼn verklaring op sy Facebook-blad om verskoning gevra aan die studente en gesê dit is nie ʼn geval van ‘blackfacing’ nie.

Die verskoning is egter later van Facebook verwyder en met ’n nuwe verklaring vervang waarin Open Stellenbosch sê hy hou by die aanvanklike verklaring dat die voorval wel ‘blackfacing’ is aangesien die foto gefilter is om hul gesigte swart te laat lyk.

AfriForum Jeug het intussen aangedui dat hy die betrokke studente met gratis regshulp sal bystaan indien nodig.

Lees alle vorige berigte oor die “swartgesig-herrie” op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!