Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Lily-myn: Werkers al 80 uur lank vasgekeer

$
0
0

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Na nóg ʼn dag se reddingspogings kon reddingspanne steeds nie daarin slaag om die drie werkers wat onder in die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga vasgekeer is, na veiligheid te bring nie.

Die bestuur van die myn het vroeër Maandag gesê hulle kon daarin slaag om oudiokommunikasie met die vermiste werkers te bewerkstellig wat die hoop wek dat hulle steeds lewend is ná meer as 80 uur onder die puin en grond. Volgens mediaberigte het ʼn woordvoerder van die myn, Mike Begg, aan verslaggewers gesê dat die reaksie van die vasgekeerde werkers al swakker raak, maar dat reddingspanne steeds positief bly dat hulle lewend gevind sal word.

ʼn Gedeelte van die Lily-myn het Vrydag ineengestort toe ʼn kroonpilaar meegegee het. Die drie werkers wat tans vasgekeer is, was ten tyde van die voorval bo die oppervlak in ʼn skeepshouer wat as lampkamer gebruik is, en tydens die ongeluk onder puin en grond verdwyn het.

Intussen het Cosatu Maandagmiddag teen die mynbestuur uitgevaar nadat sy verteenwoordigers glo toegang tot die myn geweier is. Fidel Mlombo, Cosatu se provinsiale sekretaris, het gesê beamptes van die federasie is na die myn gestuur, maar daar is aan hulle gesê dat slegs Amcu-verteenwoordigers op die perseel toegelaat sal word.

“Wat Cosatu woedend maak is dat die beamptes na die toneel ontbied is om by die minister van minerale hulpbronne [Mosebenzi Zwane] aan te sluit wat reeds op die mynperseel was, maar hulle is steeds toegang geweier,” het Mlombo gesê. “Hierdie arrogansie teen Cosatu deur werkgewers bevestig net ons siening dat Amcu-leiers in die werkgewers se sakke is.”

ʼn Art. 54-kennisgewing is Maandag aan die Lily-myn uitgereik waarvolgens die myn gesluit moet bly totdat die situasie genormaliseer het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!