Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

WikiLeaks: ‘Julian Assange moet bevry word’

$
0
0
'n Betoger met 'n banier buite die Ecuadoriaanse ambassade in Londen waar Julian Assange bly (4 Februarie 2016) Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth

‘n Betoger met ‘n banier buite die Ecuadoriaanse ambassade in Londen waar Julian Assange bly (4 Februarie 2016) Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth

ʼn Menseregtepaneel van die Verenigde Nasies het hom Vrydag by die WikiLeaks-stigter Julian Assange geskaar in sy uitgerekte stryd met Sweedse en Britse owerhede, en gesê hy moet dadelik vrygelaat word en vergoed word vir die jare wat hy verloor het.

Die VN se Werkgroep oor Arbitrêre Aanhouding, wat onder leiding staan van die hoof van menseregte by die VN, het gesê Assange word sedert Desember 2010 “na willekeur aangehou” deur Engeland en Swede toe hy vir die eerste keer ondervra moes word oor bewerings van seksuele wangedrag.

Die paneel se aanbeveling is egter onmiddellik deur beamptes van die twee lande verwerp, aangesien Assange se regsituasie glo “onveranderd” bly. Hy is steeds in die ambassade van Ecuador in Londen, waar hy meer as drie jaar gelede toevlug gesoek het.

Britse en Sweedse beamptes hou vol die paneel se bevinding dra geen regskrag nie. Dit verteenwoordig egter ʼn oorwinning vir Assange se publieke beeld, wat volhou dat die bewerings teen hom deel is van ʼn komplot om hom na Amerika terug te stuur waar hy moontlik tereg kan staan op meer aanklagte wat verband hou met WikiLeaks se vrystelling van geklassifiseerde dokumente.

Julian Assange (20 Desember 2012)  Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth

Julian Assange (20 Desember 2012) Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth

Die paneel se bespreking was nie eenparig nie: Wladimir Tochilofski, ʼn Oekraïense lid, het nie met die ander drie lede saamgestem nie, aangesien hy nie oortuig is die groep het ʼn mandaat om die saak te ondersoek nie, omdat hy nie van mening is dat Assange in aanhouding is nie. Die vyfde lid van die paneel het haarself onttrek, aangesien sy – soos Assange – ook ʼn Australiër is.

Dit is nog nie duidelik of owerhede in Amerika Assange in hegtenis wil neem op klagtes in die VSA nie. Geen klagtes is teen Assange in Swede aanhangig gemaak nie, maar staatsaanklaers in dié land wil hom ondervra oor bewerings van verkragting wat spruit uit ʼn voorval in 2010 toe hy die land besoek het terwyl WikiLeaks internasionaal aandag wou trek vir die geheime wat uitgelap is.

Assange het voortdurend die bewerings ontken, maar wou nie na Swede terugkeer om met staatsaanklaers te vergader nie. Hy het uiteindelik by die Ecuadoriaanse ambassade in Londen toevlug gesoek, waar hy sedert Junie 2012 tuisgaan.

Die paneel het Swede se benadering veroordeel, en daarop gewys dat Assange nie formeel in Swede aangekla is nie – maar dat hy slegs voorlopig ondersoek word.

Beamptes in Engeland voer aan Assange is vry om die ambassade te enige tyd te verlaat, alhoewel hy moontlik in hegtenis geneem kan word deur die Britse polisie, op grond van ʼn Europese lasbrief vir inhegtenisneming wat op Swede se versoek uitgereik is. Hy het ook in Engeland borgtog ontduik.

Die paneel se besluit is eers privaat aan die betrokke regerings voorgehou voordat dit publiek bekend gemaak is.

Karin Rosander, woordvoerder vir die Sweedse Vervolgingsgesag, het gesê onder Sweedse Wet sal die paneel se gevolgtrekking geen “formele impak” hê nie.

Philip Hammond, Britse minister van buitelandse sake, het gesê die paneel se bevinding is “eintlik belaglik”. Hy het ontken dat Assange “arbitrêr” aangehou is. Volgens die departement het Assange “vrywillig wetlike inhegtenisneming ontduik deur te kies om in die Ecuadoriaanse ambassade aan te bly”.

Die saak word bemoeilik deur onsekerheid oor Assange se regstatus in Amerika. Die Amerikaanse regering het nog nie bekend gemaak of hy aangekla is nie, maar het aangedui dat “sensitiewe ondersoeke” oor Assange en WikiLeaks van stapel gestuur is.

Thomas Olson, Assange se prokureur, het gesê al wat ná die paneel se besluit kan gebeur, is dat sy kliënt vrygelaat moet word. “Ek dink Swede en Engeland is verplig om hierdie aanbevelings te volg, so ek kan nie enige ander verwikkeling sien as dat mnr. Assange binnekort ʼn vry man sal wees nie.”

-Katz het uit Londen berig; en Jan M. Olsen in Kopenhagen, Denemarke het bygedra.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!