
Ds. Teyo Smit Foto: Facebook
Die afgetrede ds. Teyo Smit (68), het Donderdag by Lappiesbaai in Stilbaai verdrink.
“Omstanders was reeds besig met KPR toe paramedici van die NSRI by die toneel opgedaag het,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), in ʼn verklaring gesê. “Alle pogings om hom te red was egter tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.”
Volgens Lambinon het Smit moontlik ʼn rugbesering opgedoen terwyl hy saam met vriende in die see geswem het. Vriende en familie het hom uit die water gehaal en dadelik met KPR begin, terwyl hulp ontbied is.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
Ds. Smit was ʼn plaaslike inwoner. Boodskappe van medelye stroom in op sosiale media vir sy vrou, Marguerite, en hul kinders.