Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nog ʼn ‘swartgesig’-herrie by Maties

$
0
0

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Foto van Maties-studente wat met swart gesmeerde gesigte vir ʼn foto poseer, het Vrydag weer eens opslae veroorsaak.

Die foto van twee vrouestudente van die Universiteit Stellenbosch (US), wat glo inwoners van die Heemstede-koshuis is, is vermoedelik aanvanklik op Instagram gedeel, maar is sedertdien verwyder.

Die koshuis het Vrydag op sy Facebook-profiel gesê dat hy kennis dra van die foto en dat die koshuis tans met die universiteitsbestuur in gesprek is oor die voorval.

Intussen het die US in ʼn verklaring gesê dat ʼn ondersoek na die foto van stapel gestuur is. “Die universiteit tree vinnig op oor hierdie voorval en ʼn saak is by die gelykheidseenheid geregistreer,” lui die verklaring. Die gelykheidseenheid is op die been gebring om alle voorvalle van diskriminasie en seksuele teistering te hanteer.

“Die universiteit beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig en veroordeel alle vorme van rassisme en die skadelike effek wat dit op studente, personeel en lede van die publiek het.”

Die student wat glo die foto op haar Instagram-profiel gedeel het, het Vrydagmiddag ʼn verskoning op haar Facebook-blad geplaas en gesê dit was nooit hul bedoeling om hul gesigte swart te verf nie. “Ons is bewus daarvan dat ons aksies gisteraand deur ons lywe donkerpers te verf en met blinkers te bedek vir die Heemstede-sterreruimpartytjie die indruk geskep het dat dit swart was en dus ʼn poging was om swartheid te verneder. Ons vra om verskoning vir enige aanstoot wat ons dalk gegee het en neem ten volle verantwoordelikheid hiervoor,” het sy geskryf.

“Ons werk saam met die universiteit en ander rolspelers in hierdie verband. Ons bedank dié wat ons probeer ondersteun en weet ons het nie slegte bedoelings gehad nie, maar vra dat julle nie die onverdedigbare praktyk van #blackfacing probeer verdedig nie.”

ʼn Soortgelyke foto het in 2014 opslae gemaak toe twee US-studente hul gesigte swart gesmeer het toe hulle ʼn partytjie bygewoon en soos die tennis-susters Venus en Serena Williams aangetrek het. Die universiteit het destyds besluit om nie dissiplinêr teen die studente op te tree nie, maar eerder die voorval vir “versoening” aan te wend.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!