Die beeldmateriaal van die rooftog wat in Mei vanjaar by ʼn winkel by ’n Kaapstadse taxistaanplek plaasgevind het, is Donderdag op YouTube gelaai.
In die video kan gesien word hoe die rower onder ʼn yskas uitkruip nadat hy ʼn gat in die voorafvervaardigde muur van die winkel gemaak het. Dit is nie duidelik of die rower van die veiligheidskameras bewus was nie, maar dit lyk in ʼn stadium of hy direk vir die kamera kyk. Volgens IOL wat die beeldmateriaal opgelaai het, het die rower met baie van die winkeleienaar se voorraad gevlug.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, kon nie die voorval Vrydagoggend bevestig nie.