Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Hofgeding oor Nkandla gaan voort

$
0
0

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die DA het Woensdag gesê hy gaan voort met sy saak voor die konstitusionele hof om te versoek dat pres. Jacob Zuma ʼn gedeelte van die koste van die opknappings aan sy Nkandla-woning moet terugbetaal soos deur die openbare beskermer (OB) aanbeveel is.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het saam met die party se James Selfe en adv. Glynnis Breytenbach die media by die parlement toegespreek.

Maimane het gesê die party is bewus van Zuma se aankondiging dat hy bereid is om ʼn gedeelte van die geld terug te betaal, maar dat sy aanbod steeds nie strook met die regstellende stappe soos Thuli Madonsela in haar verslag aanbeveel het nie.

“Inteendeel, ons is van mening dat Zuma se aanstelling van die ouditeur-generaal om te bepaal hoeveel geld hy moet terugbetaal, net sy jongste poging is om vir die vyfde keer ʼn parallelle proses aan die gang te sit,” het die DA gesê. “Die DA sal aanvoer Zuma se onvermoë om rasioneel aandag te gee aan die OB se bevindinge asook die regstellende stappe wat voorgestel is, is irrasioneel, onwettig en ongrondwetlik.”

Die party het gesê geen individu of liggaam is daarop geregtig nie om ʼn parallelle ondersoek van stapel te stuur nadat die OB reeds ʼn kwessie ondersoek en haar verslag bekendgemaak het – en dan boonop te sê die ander ondersoek se bevindinge dra meer gewig as dié van die OB.

“Dit is duidelik dat pres. Zuma ʼn string ministers en ANC-LP’s ontplooi het om sy onverdedigbare oprigting van ʼn paleis ten koste van die mense van die republiek te verdedig. Die persone wat die president se opdragte uitvoer, het selfs so ver gegaan as om hofbevele te ignoreer om ʼn politieke agenda te dryf, ten spyte daarvan dat hulle ʼn eed afgelê het om die reg en die grondwet altyd te laat seëvier.”

Die EFF sal die DA bystaan in die hofgeding wat na verwagting op 9 Februarie aangehoor sal word. Die EFF het aangekondig dat hy Donderdag ʼn mediakonferensie sal hou, vermoedelik om bekend te maak dat die party met die hofaansoek sal voortgaan.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!