Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Veiligheidswag in transitorooftog geskiet

$
0
0

Foto: Watchdog Tzaneen

Foto: Watchdog Tzaneen

ʼn Veiligheidswag is in ʼn ernstige toestand nadat hy Woensdagoggend tydens ʼn transitorooftog naby Tzaneen geskiet is.

Marius Jacobs, woordvoerder van Watchdog Tzaneen, het aan Maroela Media gesê die rooftog het omstreeks 04:00 op die pad tussen Tzaneen en Giyani plaasgevind. Die rowers het vanuit ʼn BMW X5 en Audi op die begeleidingsvoertuig geskiet. “Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en die motor het gerol en op sy dak in bosse langs die pad beland,” het Jacobs gesê.

Die rowers het daarna op die transitovoertuig losgebrand en twee van die bande stukkend geskiet om die voertuig só tot stilstand te dwing, het hy gesê. Die verdagtes het uitgespring en vuurwapens op die insittendes gerig en hulle gedwing het om die transitovoertuig oop te sluit.

“Die verdagtes het met ʼn groot bedrag kontant in die rigting van Phalaborwa gevlug,” het Jacobs gesê. “R5-patroondoppies is op die toneel gevind.”

Een van die insittendes in die begeleidingsvoertuig moes na ʼn hospitaal gehaas word nadat hy in sy pelvis geskiet is. Die ander insittende het net geringe beserings in die voorval opgedoen.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

Foto: Watchdog Tzaneen Foto: Watchdog Tzaneen

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!