Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Foto’s: Groot waterlikkewaan kuier in Pta-swembad

$
0
0
Die waterlikkewaan. Foto's: Pretoria Dieretuin.

Die waterlikkewaan. Foto’s: Pretoria Dieretuin.

ʼn Waterlikkewaan wat 1,5 m lank is en 4,5 kg weeg het Dinsdag groot opwinding veroorsaak toe hy te midde van ʼn hittegolf wat Pretoria getref het, in ʼn inwoner se swembad gaan swem het.

Angeliné Schwan, ʼn woordvoerder van die Nasionale Dieretuin, het aan Maroela Media gesê personeel van die dieretuin is na ʼn huis in Villieria in die Moot-gebied ontbied nadat die inwoners die “akkedis” in die swembad opgemerk het.

“Die personeel het die reptiel uit die water gered en gesien daar is ʼn groot stuk tou om sy nek verstrengel. Die tou het ʼn groot letsel veroorsaak en was heel waarskynlik al ʼn geruime tyd om sy nek,” het Schwan gesê.

Die likkewaan is na die dieretuin se dierehospitaal geneem vir behandeling waar gevind is die hioïedbeen in sy keel is beskadig. Die dier is daarna na die reptielpark oorgeplaas waar hy vir ʼn ruk onder kwarantyn gehou gaan word.

Volgens Schwan kom waterlikkewane natuurlik in Pretoria voor, veral langs strome en riviere. “Hulle maak glad nie geskikte troeteldiere nie weens hul temperamentele geaardheid. Dit is ook onwettig om dié likkewane as troeteldiere aan te hou aangesien hulle inheems is en geen inheemse wild in die land as troeteldiere aangehou mag word nie.”

Die dieretuin beoog om die likkewaan in die veld vry te laat sodra hy volkome herstel het.

Die waterlikkewaan. Foto's: Pretoria Dieretuin. waterlikkewaan pretoria dieretuin (4) waterlikkewaan pretoria dieretuin (3) waterlikkewaan pretoria dieretuin (2) waterlikkewaan pretoria dieretuin (1) waterlikkewaan pretoria dieretuin (6) waterlikkewaan pretoria dieretuin (5)

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!