Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nog paramedici beroof

$
0
0
Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Minder as 24 uur nadat paramedici in Johannesburg met ʼn vuurwapen aangehou en beroof is, het ʼn soortgelyke voorval in die Wes-Kaap plaasgevind.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 22:30 Vrydagaand na Tamblestraat in Khayelitsha ontbied deur iemand wat olik gevoel het. “Met hul aankoms het die twee paramedici aan die huis se deur geklop. ʼn Vrou het oopgemaak en gesê sy het nie die nooddienste ontbied nie.”

Volgens Vermaak is die paramedici na ʼn nabygeleë metropolisiestasie waar hulle gewag het vir bevestiging van die adres. “Die persoon het dieselfde adres gegee en gesê hy woon agter in die erf. Paramedici is terug na die huis en het die vrou gevra om die man te gaan roep.”

Die man het kort hierna opgedaag en aan paramedici gesê hy moet sy huissleutels en identiteitsdokument gaan haal. Een van die paramedici het solank die bed agter in die ambulans gereed gemaak, toe die deur skielik oopgetrek is. ʼn Onbekende man het die paramedikus se besittings geëis. Die ander paramedikus, wat voor die ambulans gestaan het, het intussen om die ambulans gehardloop, maar is deur dieselfde verdagte voorgekeer.

Die verdagte het in die ambulans gespring, ʼn vuurwapen teen die paramedikus se voorkop gedruk en sy selfoon geëis. “Hy was baie kalm,” het die paramedikus gesê. Die verdagte het die paramedici se selfone gevat voor hy rustig na ʼn verlate huis in die straat gestap het.

Die paramedici het onmiddellik die toneel verlaat en die voorval by die polisie aangemeld. Volgens Vermaak is dit nie duidelik of die persoon wat die ambulans ontbied het, deel was van die voorval nie.

Drie paramedici van die Johannesburgse nooddienste is vroeg Vrydagoggend in Yeoville met ʼn vuurwapen aangehou en beroof.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!