Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Gareth Cliff-saak: ‘Daar word teen hom gediskrimineer omdat hy wit is’

$
0
0
Gareth Cliff en sy prokureur, Eric Mabuza, Dinsdag buite die Suid-Gautengse hooggeregshof. Foto: Getrude Makhafola/ ANA.

Gareth Cliff en sy prokureur, Eric Mabuza, Dinsdag buite die Suid-Gautengse hooggeregshof. Foto: Getrude Makhafola/ ANA.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag aangehoor dat daar teen Gareth Cliff, die voormalige Idols-beoordelaar, gediskrimineer word omdat hy wit is, in vergelyking met twee van die mede-beoordelaars.

Adv. Dali Mpofu, Cliff se regsverteenwoordiger, het Cliff se kontroversiële twiet vergelyk met uitlatings op sosiale media deur twee van sy Idols-kollegas, Unathi Msengana en Somizi Mhlongo. Mpofu het bygevoeg dat Msengana en Mhlongo erger oortredings begaan het, maar deur die uitsaaier oorgesien is.

Mpofu het aan die hof gesê Mhlongo se opmerkings op Instagram word as rassisties beskou, maar geen interne optrede is nog deur M-Net teen hom ingestel nie.

Gareth Cliff saam met die ander Idols-beoordelaars: Unathi Msengana, Somizi Mhlongo en Randall Abrahams. Foto: IdolsSA

Gareth Cliff saam met die ander Idols-beoordelaars: Unathi Msengana, Somizi Mhlongo en Randall Abrahams. Foto: IdolsSA

Msengana en Mhlongo moes albei in die openbaar om verskoning vra nadat hulle verlede jaar kontroversiële opmerkings op sosiale media gemaak het.

Mhlongo het teen “wit rassiste” uitgevaar tydens die #ZumaMustFall-veldtog. Msengana is vir vyf weke deur die SAUK as omroeper van die lug afgehaal nadat sy op Twitter uitgevaar het tydens ʼn debat oor rassediskriminasie by die Universiteit van Stellenbosch. Sy is terug op die lug geplaas nadat sy om verskoning gevra het.

Mpofu het gesê sy kliënt moet nie verskillend as sy kollegas behandel word nie. “Ons sê ook nie dat Msengana en Mhlongo afgedank moet word nie, ons sê net Cliff moet weer in sy pos aangestel word.”

Cliff het die hof genader om te verhoed dat 2016-oudisies vir die Idols-program eerskomende naweek begin, tensy hy weer in sy pos aangestel word of vergoeding van R25 miljoen vir “onregmatige afdanking en kontrakbreuk” en “naamskending” ontvang.

M-Net het vroeër vandeesmaand aangekondig Cliff gaan nie in vanjaar se seisoen deel van die beoordelaarspaneel wees nie. Volgens berigte volg dié stap nadat Cliff erg op sosiale media deurgeloop het vir uitsprake wat hy oor die Penny Sparrow-debakel gemaak het. Cliff het gesê mense verstaan glad nie vryheid van spraak nie. Hy is uit talle oorde as ʼn rassis uitgekryt en sosialemedia-gebruikers het M-Net versoek om hom van Idols te onttrek. Cliff het reeds om verskoning gevra vir sy uitlatings en rassisme daarin veroordeel.

Adv. Wim Trengrove, vir M-Net, het op sy beurt in die hof aangevoer dat Cliff se aansoek teen M-Net met koste van die hand gewys moet word.

Hy het aangevoer dat M-Net die reg het om te besluit wie beoordelaars moet wees. “Die skade aan sy reputasie is deur homself aangerig met daardie twiet, nie deur M-Net nie,” het hy gesê. Trengrove het gesê M-Net was gedwing om te kies tussen die 2016-seisoen van Idols, of om Cliff as ʼn beoordelaar te hê “te midde van ʼn politieke opskudding”.

Regter Caroline Nicholls het uitspraak voorbehou. Uitspraak word voor Vrydag om 10:00 verwag wanneer oudisies geskeduleer is om te begin.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!