Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Stellenbosch-bylmoorde: Besluit dalk naby

$
0
0
Die Van Breda-gesin: Marli (h) en haar ma Teresa staan voor. Henri (hier 20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli en haar ma Teresa staan voor. Henri, Rudi en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Presies ʼn jaar ná die moord op drie lede van die Van Breda-gesin in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch is daar steeds geen verdagtes en geen antwoorde oor wat die oggend van 27 Januarie 2015 in die gesin se huis gebeur het nie.

Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) is dood toe die gesin in hul huis met ʼn byl aangeval is. Hul dogter Marli (17) is ernstig in die aanval beseer, terwyl haar broer, Henri (21), geringe beserings opgedoen het.

Sedert die aanval het die owerhede ʼn sluier van geheimhouding oor die ondersoek getrek en weier hulle om enige besonderhede aan die publiek of media bekend te maak.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het wel Dinsdag bevestig dat die dossier terug is by die NVG. “Die NVG sal die dossier weer bestudeer om ʼn besluit te neem,” het hy gesê. Die dossier het die afgelope paar maande verskeie kere tussen die polisie en die NVG beweeg. Die NVG het die dossier glo verskeie kere teruggestuur aangesien hulle gemeen het daar kort meer inligting om ʼn inhegtenisneming te maak. Dit is dus nie duidelik of daar dié keer wel só besluit gemaak gaan word nie.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die ondersoek kry die nodige aandag en word deur provinsiale speurders gemonitor. “Wees asseblief geduldig aangesien ons nie enige besonderhede oor die saak kan bekendmaak voordat dit nie in ʼn hof aangebied is nie,” het hy gesê.

Intussen het Ben Rootman, woordvoerder vir die Van Breda-familie, gesê hulle wil nie enige besonderhede oor die saak bekendmaak nie. “Die familie verkies om in hierdie stadium nie kommentaar te lewer nie om die polisieondersoek kans te geen om sy gang te gaan.”

Lees alle vorige berigte oor De Zalze op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!