Paramedici en die polisie is op die toneel in Johannesburg waar ʼn motor in ʼn groep van sewe kinders ingeploeg het.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by die kruising van Louis Botha-rylaan en Corlettweg in Bramley plaasgevind.
“Die kinders is almal tussen sewe en nege jaar oud en het ernstige tot kritieke beserings opgedoen. Paramedici is tans op die toneel besig met behandeling,” het Mathe gesê.
Twee helikopters van Netcare 911 is na die toneel gestuur om van die kritiek-beseerde kinders na ʼn nabygeleë hospitaal te neem.
Meer inligting volg.