Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Limpopo-dwelmsindikaat oopgevlek

$
0
0

Die dwelmbaas word in hegtenis geneem. Foto: Valke

Die dwelmbaas word in hegtenis geneem. Foto: Valke

ʼn Jaar lange ondersoek deur die Valke het gelei tot die inhegtenisneming van ʼn bekende dwelmbaas en sewe van sy werkers in Groblersdal, Limpopo, Vrydagoggend.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê lede van die Valke het op ʼn huis in Groblersdal toegeslaan waar daar beslag gelê is op meer as R70 000 kontant, koeëlvastebaadjies van die polisie, ’n .303-geweer en 61 koeëls. Die dwelmbaas is by die huis in hegtenis geneem.

“Ná die inhegtenisneming het beamptes die dwelmbaas se sakeperseel deursoek en daar is ook beslag gelê op R29 000, ammunisie vir ʼn R1-geweer en koeëls vir ʼn AK47-geweer. ʼn Groot hoeveelheid dagga is ook op die perseel gevind,” het Netshiunda gesê.

Van die agt verdagtes wat tydens die operasie in hegtenis geneem is, is vier Nigeriese burgers en een ʼn Portugese burger. Almal is tussen die ouderdom van 25 en 49, het hy gesê.

Volgens Netshiunda is die ondersoek gedoen ná talle klagtes van inwoners van Groblersdal, Marble Hall en omliggende gebiede ontvang is oor dwelmhandel in hul gemeenskappe.

“Die ondersoek het baie werk geverg, waaronder polisiebeamptes wat hulle as kliënte voorgedoen het en dwelms, meestal Nyaope, by niksvermoedende dwelmhandelaars gekoop het,” het hy gesê. “Veertien transaksies ter waarde van meer as R50 000 is met die dwelmhandelaars gedoen voordat hul bedrywighede Vrydag tot ʼn einde gebring is.”

Die verdagtes sal Maandag in die Groblersdal-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en die onwettige besit van goud.

Een van vier vuurwapens waarop daar beslag gelê is. Foto: Valke Koeëls waarop daar beslag gelê is. Foto: Valke Foto: Valke Dagga waarop daar beslag gelê is. Foto: Valke

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!