Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrou noem aanvaller se naam voor sy sterf

$
0
0

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Charlotte Giddy (55), die vrou wat op 16 Januarie saam met haar vriend, Bernardus Johannes (Bernie) van Zyl (84), op hul plaas by Panbult in Mpumalanga oorval en aangerand is, het haar aanvaller geken en het sy naam aan die polisie genoem voordat sy dood is.

Só sê Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA, wat op die toneel was kort ná die aanval.

Maroela Media het vroeër berig Van Zyl se liggaam is in die huis op die plaas aangetref, sowat 40 km van Dirkiesdorp. Volgens Geldenhuys het Giddy Saterdag omstreeks 16:30 by die huis gekom nadat sy die dag saam met ʼn vriendin deurgebring het. Van Zyl was vermoedelik teen daardie tyd reeds dood, maar Giddy het hom nooit gesien nie.

“Toe sy by die huis kom het ʼn man haar naby die huis ingewag. Sy het hom geken, want hy het ook op die plaas gewoon, so 100 m van hulle huis af. Hy het nie vir hulle gewerk nie, maar wel vir ʼn houtkapkontrakteur van Driefontein,” het hy gesê.

“Die man het vir haar gesê hy is honger en sy is die huis in om vir hom kos te gaan haal. Toe sy terugkom om die kos vir hom te gee, het hy een van haar krukke gegryp en haar aangerand.”

Volgens Geldenhuys het die man haar só erg aangerand dat sy haar bewussyn verloor het. Albei aluminiumkrukke wat die aanvaller gebruik het, was glo in stukke geslaan. “Ons vermoed hy het gedink sy is dood, want hy is daarna terug na sy huis waar daar reeds ʼn paar gesteelde goedere was wat hy vroeër uit die huis verwyder het,” het hy gesê.

Die aanvaller het vermoedelik vir ʼn geleentheid gewag om die gesteelde goedere te kom haal, want hy het nie van die toneel gevlug nie, maar net in sy huis bly wag. Volgens Geldenhuys het die gesteelde items ʼn windbuks, ʼn .22-geweer, klere, selfone en ʼn kettingsaag ingesluit.

Giddy het egter haar bewussyn herwin en op ʼn handradio om hulp geroep. Binne oomblikke het boere uit die omgewing by die huis opgedaag en die man het dit gesien en op die vlug geslaan. “Boere van oral rondom die plaas het gehelp om hom agterna te sit en paaie af te sper. Vliegtuie het ook gehelp met die soektog,” het Geldenhuys gesê. Polisiebeamptes was ook vinnig op die toneel om met die soektog te help.

Later die aand is die verdagte vasgetrek nadat plaaslike inwoners laat weet het dat hulle ʼn man vasgekeer het wat beweer dat hy iemand doodgemaak het.

Giddy is intussen na ʼn hospitaal gehaas, maar het Dinsdagoggend aan haar beserings beswyk.

“Namens TLU SA wil ek die polisie, die gemeenskap en almal wat gereageer het bedank vir hul samewerking en hulp om die verdagte aan te keer,” het Geldenhuys gesê.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte, John Madonsela (35), het reeds Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord. Ná Giddy se dood is die tweede aanklag ook na moord verander. Madonsela, ʼn Swazi-burger, sal weer Donderdag in die Piet Retief-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Volgens Geldenhuys is daar vanjaar reeds drie mense op plase vermoor en 13 plaasaanvalle het al voorgekom.

ʼn Gedenkdiens vir Van Zyl en Giddy word Vrydag om 11:00 in die Family Life-kerk op Ermelo gehou.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!