Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kinderhuwelike in Zimbabwe onwettig verklaar

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die grondwetlike hof in Zimbabwe het Woensdag kinderhuwelike onwettig verklaar en bepaal 18 jaar is die minimum ouderdom om wettig in die land te trou.

Hierdie baanbreker-uitspraak is gemaak na afloop van ʼn saak waar twee jong vroue, Loveness Mudzuri (20) en Ruvimbo Tsapotsi (19) die geldigheid van die Wet op Tradisionele Huwelike in die hof bevraagteken het.

Die twee meisies, wat onderskeidelik op 15 en 16 swanger geraak het, het aan die hof gesê hulle versoek dat tradisionele huwelike voor die ouderdom van 18 verbied moet word, aangesien dit tienermeisies blootstel aan die nadelige gevolge van vroeë huwelike waarteen die Grondwet hulle juis moet beskerm.

Die meisies het by monde van hul regsverteenwoordiger, Tendai Biti, gesê die Wet op Huwelike wat lui dat meisies onder die ouderdom van 18 mag trou, skend die fundamentele reg van jong meisies om gelyk voor die Grondwet te wees.

Die regsbank, wat deur regter Vernanda Ziyambi gelei is, het beslis kinderhuwelike sal voortaan onwettig wees en artikel 22 (1) van die Wet op Huwelike moet sodanig aangepas word, aangesien dit teenstrydig is met gedeeltes van die Grondwet wat lui dat mense onder die ouderdom van 18 jaar nie mag trou nie.

“Van 20 Januarie 2016 mag niemand in enige huwelik bevestig word nie, insluitend ongeregistreerde tradisionele huwelike of enige ander verbintenis, insluitende een wat uit geloofsoortuigings spruit, voordat die betrokke persone nie 18 jaar oud is nie,” het die hof gesê.

Die beslissing is deur adjunk-hoofregter Luke Malaba aangeteken.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!