Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Zuma glo nie verantwoordelik vir wankelende rand

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Donderdag ontken die Suid-Afrikaanse geldeenheid se onstabiliteit kan toegeskryf word aan pres. Jacob Zuma se uitsprake of optrede.

Gordhan het tydens ʼn perskonferensie ná Woensdag se spesiale kabinetvergadering oor die stand van die land se ekonomie gesê daar is ʼn wye reeks faktore, waarvan sommige onbekend is, wat daartoe gelei het dat die rand Maandag ʼn rekordlaagtepunt bereik het.

“Die omstandighede waarin ons onsself bevind is baie ingewikkeld,” het Gordhan gesê. “Die wêreld is, ekonomies gesproke, ʼn vreeslike plek en daar is in hierdie stadium baie ingewikkelde dinamiek wat ʼn invloed het op opkomende markte en ontwikkelende lande, insluitend ons eie uitdagings wat ons openlik erken.

“Die rand reageer nie op dit wat ʼn individu sê of doen nie. Dit kan wel in berekening gebring word.”

Die rand het aan die einde van verlede jaar begin val nadat Zuma onverwags Nhlanhla Nene as minister van finansies afgedank en hom met die onbekende Des van Rooyen vervang het. Die geldeenheid het weer herstel nadat Zuma onder druk omgedraai en Gordhan weer in dié kritieke portefeulje aangestel het.

Gordhan se kollega, minister in die presidensie Jeff Radebe, het vroeër ʼn donker prentjie van die ekonomie geskets en gesê dit gaan ʼn gesamentlike poging van die regering, besigheid en arbeid verg om die situasie te verbeter.

Radebe het gesê dit is onwaarskynlik dat die daling in kommoditeitpryse, wat plaaslike vervaardigers beïnvloed, sal omkeer.

Terwyl die regering uitvoerders aanmoedig om voordeel te trek uit die verswakking van die rand, word daar erken dat ʼn stadige ekonomiese groei tot ʼn afname in die aanvraag na Suid-Afrikaanse produkte oorsee sal lei.

“Die Suid-Afrikaanse rand, wat een van die gewildste geldeenhede in opkomende markte is, is die afgelope paar weke swaar getref,” het Radebe gesê. “In hierdie moeilike wêreldkonteks, waar alle ekonomieë uitdagings beleef, bevestig die kabinet weer die behoefte dat die regering strategies sal ingryp om die momentum van die ekonomiese groei te herstel.”

Radebe het gesê die kabinet ondersteun “sterker maatreëls om ʼn volhoubare fiskale roete te herstel”, maar die maatreëls sal slegs bekend gemaak word wanneer Gordhan op 24 Februarie sy begrotingstoespraak lewer.

Gordhan het van die perskonferensie gebruik gemaak om Suid-Afrikaners te verseker dat die regering “alles in sy vermoë doen om die ekonomie te stabiliseer”. Hy het mense gemaan om nie “paniekerig” te raak nie. “Julle hoef nie angstig te wees oor ons omgewing nie,” het hy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!