Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Rand Water soek interdik teen vakbond

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Rand Water sal Donderdag die arbeidshof in Johannesburg nader om ʼn interdik te bekom om die vakbond Samwu sal verhoed om te staak.

“Die aansoek word Donderdag in die arbeidshof in Braamfontein aangehoor,” het Chumani Gqeke, Samwu-vakbondverteenwoordiger, gesê. “Ons glo Rand Water mors tyd en geld om die saak hof toe te vat. Die eenvoudige oplossing is om aan die werkers se eise te voldoen. Ons sal ons reg om te staak, verdedig.”

Samwu, die grootste vakbond by Rand Water, kan vandeesweek begin staak nadat hy Maandag ʼn kennisgewing van staking by die waterverskaffer ingedien het.

Die vakbond eis ʼn verhoging van 10% vir die laags betaalde werkers, 9% vir middel-inkomste werkers en 8% vir toesighouers. Die vakbond eis ook ʼn 12% aansporingsbonus en R2 150 algemene behuisingstoelae.

Rand Water het sy aanvanklike aanbod van 6% verhoog na 7%. Die staking sal watertoevoer in Gauteng en sommige dele van Mpumalanga raak.

Gqeke het Nomvula Mokonyane, minister van waterwese en sanitasie, gekritiseer nadat sy die twee partye versoek het om hul dispuut op te los en ʼn staking te verhoed.

“Dit wil egter voorkom of haar poging om in te gryp gerig is op ʼn plan wat die impak van die staking sal minimaliseer en nie die werkers se probleme sal oplos nie. Ons doen ʼn beroep op die minister, as ʼn aandeelhouer van Rand Water, namens burgers, om die raad opdrag te gee om seker te maak dat daar aan die werkers se eise voldoen word, anders is die enigste oplossing ʼn volskaalse staking.”

Samwu het in Julie aangekondig dat hy sy loononderhandelings met drie ander waterrade afgehandel het. Dit is Amatole Water in die Oos-Kaap, Bloem Water in die Vrystaat en die waterverskaffingspesialiste, Water Solutions Southern Africa (WSSA) wat water en sanitasiedienste aan munisipaliteite, nywerhede en myne in suidelike Afrika verskaf.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621