
Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het erken daar is tot soveel as 16 000 leerders wat nog nie geplaas is nie. Hy het bygevoeg dit kan tot probleme lei omdat ouers druk op owerhede plaas om hul kinders in te skryf.
Tot soveel as twee miljoen kinders sal na verwagting van Woensdag af in Gauteng se meer as 2 080 skole skoolgaan.
Die onderwysdepartement het gesê die onderskeie LUR’s in dié provinsie sal skole in hul gebiede Woensdag besoek om te monitor wat gebeur en ondersteuning te bied.
Die departement het ook gesê adjunkpres. Cyril Ramaphosa en David Makhura, premier van Gauteng, sal die opening van die nuwe Chief Albert Luthuli laerskool in Daveyton bywoon.