Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man vas ná vrou, kleuter se valdood

$
0
0

misdaadtoneel

Argieffoto

Die Gautengse polisie het Sondag bevestig dat ʼn 39-jarige man in hegtenis geneem is nadat hy glo sy vrou en kind by die sesde vloer van ʼn gebou in Joubert Park, Johannesburg, uitgestamp en hulle na hul dood geval het.

Maroela Media het vroeër berig dat paramedici die ma en die vyfjarige kleuter op grondvlak in Claimstraat aangetref het nadat hulle ses vloere ver geval het. By die paramedici se aankoms was die vrou reeds dood. Die kind is kort daarna ook op die toneel dood.

ʼn Woordvoerder van die polisie het gesê die man is deur lede van die gemeenskap aangekeer en aan die polisie oorhandig. ʼn Klag van moord is teen hom aanhangig gemaak en hy sal Maandag in die Hillbrow-landdroshof verskyn.

Meer besonderhede oor die voorval was nie onmiddellik beskikbaar nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621