Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nege mense sterf weens hittegolf

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Die afgelope week se hittegolf het die lewe van minstens nege mense in Noordwes geëis.

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het gesê die nege mense is by die Mahikeng- provinsiale hospitaal weens sonsteek of ontwatering dood.

Volgens die hospitaal is vyf mense met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar terwyl nog drie mense Donderdag dood is en die ander persoon Vrydag. “Al die pasiënte is van verskeie fasiliteite in die Ngaka Modiri Molema-distrik verwys. Teen Vrydag was daar altesaam 16 pasiënte in die hospitaal weens hitte-uitputting. Drie van die pasiënte is in die hoësorgeenheid.”

Masike het ’n beroep op mense gedoen om voorkomende maatreëls te tref. “Hitte-uitputting is die ernstigste hitteverwante toestand. Dit vind plaas wanneer die liggaam nie sy eie temperatuur kan reguleer nie. Die liggaam se temperatuur styg vinnig en kan nie weer afkoel nie. Wanneer hitte-uitputting voorkom, kan liggaamstemperatuur tot 41,1 °C of hoër binne 10 tot 15 minute styg.”

Simptome van hitte-uitputting sluit in: warm, droë vel of uitermatige sweet, hallusinasies, hoofpyn, hoë liggaamstemperatuur, duiseligheid en aangetaste spraak.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621