Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Wiskunde floreer by Afrikaanse skole

$
0
0
wiskunde

Foto: Pixabay.com

Wanneer ʼn groep skole, wat slegs 5,3% van alle skole in Suid-Afrika opmaak, meer as 28% van die land se wiskunde-onderskeidings behaal, weet jy dat jy te doen het met wiskunde-onderrig van wêreldgehalte. Hierdie uitsonderlike prestasie is behaal deur die leerlinge van slegs 358 Afrikaanse hoërskole (5,3%) in Suid-Afrika, wat 2193 onderskeidings (28,2%) in wiskunde behaal het. Die verhouding van die aantal onderskeidings per skool is meer as 500% beter by Afrikaanse skole as by die res van Suid-Afrika se skole.

“Hierdie ontleding toon duidelik ʼn handjievol Afrikaanse skole presteer uitermatig goed in wiskunde. Ons wil graag alle leerlinge gelukwens wat onderskeidings in wiskunde behaal het en wil spesifiek die Afrikaanse skole en hul onderwysers gelukwens,” sê Hugo Vermeulen, Hoof van die Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum(SOS).

Hierdie skole is Paul Roos-Gimnasium (68 onderskeidings), Hoërskool Menlopark (64), Hoërskool D.F. Malan (58), Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (48), Hoërskool Paarl Vallei (48), Hoër Meisieskool Bloemhof (47), Hoërskool Waterkloof (41), Gimnasium Paarl (36) en Hoërskool Eldoraigne (36).

Die 5 beste wiskunde-skole in 2015 was Bishops (72 onderskeidings), Paul Roos-Gimnasium (68), Hoërskool Menlopark (64), Westville Boys High School (61) en Pretoria Boys High School (59).

Alhoewel die aantal wiskunde-onderskeidings toegeneem het van 7216 in 2014 na 7791 in 2015, is dit wel ʼn klein afname van 0,2%, maar die aantal leerlinge wat wiskunde in 2015 voltooi het, het toegeneem met 38445.

Die LUR vir Basiese Onderwys vir Gauteng, Panyaza Lesufi, het Woensdag, erken daar moet ʼn groter fokus op wiskunde en fisiese wetenskap wees. “Ons aanbeveling aan die departement van basiese onderwys en mnr. Lesufi is om suksesse soos Afrikaanse wiskunde-onderwys te bestudeer en by Afrikaanse skole te kom leer hoe om sukses in hierdie vakgebiede te behaal,” sê Vermeulen. “Passievolle, roepingsgedrewe onderwysers, met ʼn diep kennis van hul vakgebied, sal altyd sulke uitslae oplewer tot voordeel van die leerlinge in ons onderwysstelsel en ons land.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621