Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Reën in binneland volgende week

$
0
0

reen-rainReën word van Maandag af oor ʼn groot deel van die binneland voorspel volgens die langtermynvoorspelling van die Noorweegse weerdiens.

Dit sal Saterdag reeds plek-plek begin reën. Meer as 40 mm word vir Bela-Bela (Warmbad) en Pretoria voorspel vir Saterdag, maar verder noord is die verwagte reënval skrapser.

Die slegte nuus is dat die voorspelde buie meestal nie groot neerslae gaan oplewer nie. Onder die voorspelde uitsonderings is Kroonstad, wat volgende Donderdag sowat 30 mm kan verwag. Orkney, ook in die mieliedriehoek, kan Maandag 26 mm kry en Donderdag weer sowat 40 mm.

Rustenburg kan Dinsdag bykans 22 mm lafenis verwag en Vryheid Donderdag meer as 30mm. Bloemfontein kan van Maandag af gereelde buie kry, maar sover word groot neerslae nie verwag nie. Kimberley kan Woensdag sowat 14 mm verwag. Upington kan Saterdag 18 Januarie, wanneer die reën elders grootliks gewyk het, sowat 8 mm kry.

Geen reën word in hierdie tyd vir die Wes-Kaap voorspel nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621