Maleho Gaonakala, voorsitter van Cosatu, het gesê die vakbond eis om te weet op watter grond Khenisa geskors is. “Ons gaan nie stil bly sodat korrupsie kan voortgaan nie,” het hy gesê.
Khenisa is in Desember geskors nadat hy van wangedrag beskuldig is wat verband hou met ’n voorwaardelike toelae van R426,9 miljoen wat deur die nasionale tesourie aan die munisipaliteit toegeken is en nie bestee is nie.
Die munisipaliteit het by die tesourie aansoek gedoen dat die onbestede toelae tot 2016 kan oorstaan. Die nasionale tesourie het egter die versoek geweier omdat die munisipaliteit se versoek dat geld wat aan openbare vervoerinfrastruktuur en munisipale infrastruktuur bestee moet word, vir ’n derde agtereenvolgende jaar oorstaan.
Volgens Gaonakala vermoed hulle dat Khenisa geskors is om die weg oop te stel dat die munisipaliteit geplunder kan word. “Hoe skors jy iemand wat die munisipaliteit die afgelope 15 maande gestabiliseer het? Hulle het die munisipale bestuurder geskors sodat hierdie munisipaliteit geplunder kan word.”