Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Centurion-man sterf in Mosambiek

$
0
0

Johan Westervelt. Foto: Instagram

Johan Westervelt. Foto: Instagram

Johan Westervelt, ʼn 30-jarige sakeman en kranige sportman van Centurion, is op Nuwejaarsdag in Mosambiek dood.

Thea Westervelt, Johan se ma, het aan Maroela Media gesê haar seun het by vriende in Mosambiek gekuier toe hy Vrydagmiddag op pad terug na Suid-Afrika in ʼn motorfietsongeluk betrokke was naby Xai Xai. “Hy het alleen gery en ons weet nie presies wat gebeur het nie.”

Volgens Westervelt is haar seun se liggaam steeds in Mosambiek. “Ons hoop dat Johan teen vroeg volgende week terug in Suid-Afrika sal wees. Dit is ook hoekom ons nog nie begrafnisreëlings kan tref nie.” Johan, ʼn skokbokswêreldkampioen wat ook provinsiaal fiets gery en waterpolo gespeel het, het saam met sy ma en broer ʼn sagtewareontwikkelingsmaatskappy bedryf.

“Hy was ʼn ontsettende talentvolle en liefdevolle mens. Niks was te veel moeite vir sy gesin, vriende of medemens nie. Hy was ʼn briljante man gewees, ʼn mens wat vir almal en alles omgegee het.”

Sy familie en vriende is dit almal eens dat hy in sy 30 jaar meer as ʼn “enkellewe” geleef het. Johan laat ook sy pa, broer en suster agter.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621