Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘2015-matriekuitslae sal voortbou op vorige jare se gebreke’

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

Solidariteit Helpende Hand het op die vooraand van die vrystelling van die jongste matriekuitslae gesê die 2014-matriekuitslae het reeds baie verklap van wat van die 2015-uitslae verwag kan word.

Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het Maandag in ʼn verklaring gesê die 2015-matriekuitslae sal slegs voortbou op die leemtes en gebreke van vorige jare se opvoedingstrategieë en kurrikulums.

“Die SOS verwag soos ander opvoedkundige instansies dat die matriekslaagsyfer laer sal wees as die 75,8% van 2014. Soos reeds in die media berig, is een rede hiervoor die meer as 65 000 gr. 11’s van 2014 wat oorgeplaas is na gr. 12-klasse van 2015, hoewel hulle nie aan die slaagvereistes voldoen het nie. Die SOS glo egter dat die grootste faktor wat hiertoe bydra eerder die hoë standaard van eindeksamen-vraestelle is wat nie ondersteun word deur hoëgehalte-onderrig in die klaskamer nie.”

Volgens Hugo Vermeulen, hoof van die SOS, het 2014 se matriekuitslae baie verklap oor die werklike stand van sake van die matriekuitslae. Hy het gesê ’n ontleding deur die SOS rakende 2014 se uitslae het die volgende gegewens aan die lig gebring:

  • Uit 532 860 matriekkandidate het 128 986 gedruip (24,2%).
  • Slegs 150 752 matrieks het met graadkursus-toelating geslaag (28,3%); 31,3% met diplomakursus-toelating en 16,1% met hoërsertifikaatkursus-toelating.
  • Van die 6 704 skole toon 16 skole ’n 0%-slaagsyfer, 150 skole ’n slaagsyfer van onder 20% terwyl net 515 skole ’n 100%-slaagsyfer kon toon.
  • Slegs 111 skole spog met 100%-matriekslaagsyfers van 2010 tot 2014 (vyf jaar).
  • Daar is 45 skole sedert 2010 wat nog nooit ’n slaagsyfer van meer as 40% getoon het nie.
  • Die vakke wat die swakste prestasies toon se slaagsyfers was: wiskunde 53,5% (78% het minder as 50% behaal), fisiese wetenskappe 61,5% (78% het minder as 50% behaal) en lewenswetenskappe 73,8% (70% het minder as 50% behaal).
  • Slegs 35,1% van die matrieks het bo 40% in wiskunde en slegs 36,9% het bo 40% in fisiese wetenskappe behaal.
  • 46,5% van alle wiskundekandidate en 38,5% van alle fisiesewetenskappe-kandidate het laer as 30% vir die eindeksamenvraestel behaal.

Vermeulen het ook beklemtoon dat hoewel die getal matrieks in 2010 en 2014 min of meer dieselfde getal inskrywings getoon het, die inskrywingstal vanaf 2010 tot 2014 geweldig afgeneem het in kernvakke soos wiskunde (39 418 minder), fisiese wetenskappe (38 619 minder) en rekeningkunde (36 743 minder).

Volgens die SOS kan hierdie verskynsel ernstige gevolge vir die oordrag van vaardighede aan leerders inhou aangesien hierdie vakke kernvakke in die staat se programme vir skaars en kritieke vaardighede is. “Dit is dus geen wonder dat Suid-Afrikaanse leerders steeds uiters swak vaar in die meer uitdagende internasionale wiskunde- en wetenskaptoetse soos TIMSS nie,” het hy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!