
Irsak Schalk (Foto verskaf deur die SAPD)
Die polisie in Kathu in die Noord-Kaap is op soek na Irsak Schalk (26) wat uit aanhouding ontsnap het.
“Schalk het Maandag uit die hof se aanhoudingselle ontsnap,” het maj. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, gesê. “Hy sou in die hof verskyn op aanklag van diefstal.”
Schalk het glo die diefwering van die sel oopgebreek. “Die polisie ondersoek ʼn saak van ontsnapping uit wettige aanhouding,” het Mooi bygevoeg.
Enigiemand met inligting oor die verdagte word versoek om ao Cilliers of die polisie in Kathu te kontak by 053 723 9106 / 9135.