
Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en polisieduikers het Sondag die liggaam van ʼn negejarige seun uit die St Michaels-strandmeer in KwaZulu-Natal gehaal.
Die kind het glo die vorige aand verdwyn.
“Die polisie se soektog die vorige aand het nie enigiets opgelewer nie,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Die kind se liggaam is Sondagoggend gevind.”
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.