Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Rowers eis glo losprys ná hulle winkeleienaar ontvoer

$
0
0

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering nadat ʼn winkeleienaar (22) Donderdagaand na bewering ontvoer is en sy is ontvoerders nou ʼn losprys eis.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 20:00 in Mogwase naby Rustenburg plaasgevind.

“Drie verdagtes het na bewering ʼn winkel wat deur ʼn Bangladesjiese man besit word, binnegestorm en die eienaar en nog ʼn werker met toue vasgemaak. Die verdagtes het geld geëis terwyl hulle die winkel geplunder het,” het Moleko gesê. “Die werker kon daarin slaag om homself los te wikkel en het weggehardloop om die polisie se hulp te ontbied.”

Volgens Moleko was die drie verdagtes en die winkeleienaar egter skoonveld toe polisiebeamptes by die winkel opdaag. Die verdagtes het glo ook geld, twee selfone, sigarette en lugtyd gesteel.

“Die winkeleienaar word nou glo teen sy sin deur die verdagtes aangehou en hulle gebruik sy selfoon om ʼn losprys by sy vriende te eis in ruil vir sy lewe,” het Moleko gesê. “Dit is nie duidelik waar die man aangehou word nie. Die saak word ondersoek.”

Moleko het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om dit by die polisie by 014 555 2258 aan te meld.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621