Motoriste het die nuwe jaar met goeie nuus afgeskop nadat die departement van energie ʼn daling in brandstofpryse aangekondig het.
Diesel en petrol sal vanaf 6 Januarie goedkoper wees. Die prys van groothandeldiesel sal tussen 76c en 78c per liter daal, terwyl paraffien 63c per liter goedkoper sal wees. Die prys van 95-oktaan petrol sal met 3c per liter daal, maar 93-oktaan petrol se prys sal onveranderd bly. LP-gas styg met 45c per kilogram.
Volgens die departement kan die aanpassing van die brandstofprys toegeskryf word aan die rand se verswakking teenoor die Amerikaanse dollar, ten spyte daarvan dat die pryse van alle petroleum produkte gedaal het in die bepaalde tydperk.
“Suid-Afrika se brandstofpryse word maandeliks aangepas aan die hand van internasionale en plaaslike faktore,” het die departement gesê.