Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vermiste Pta-tiener is dalk ontvoer

$
0
0

Monica Gaus. Foto: Facebook

Monica Gaus. Foto: Facebook

Die soeke na Monica Gaus (15), die tiener wat Vrydag uit haar ouerhuis in Pretoria verdwyn het, word nou deur die gesinsgeweld- en kinderbeskermingsdienste ondersoek omdat daar vermoed word dat sy moontlik ontvoer is.

Maroela Media het vroeër berig Monica is Vrydagoggend die laaste keer deur haar ouers gesien toe hulle op pad werk toe was. Sy het aan haar ma gesê sy wou die dag by die huis sou bly, omdat sy nie lekker gevoel het nie. Monica is glo later deur iemand in ʼn wit Corsa-bakkie opgelaai.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, wou nie Woensdagoggend meer kommentaar lewer nie omdat dit moontlik die ondersoek kan beïnvloed. “Al wat ek nou kan sê, is dat die ondersoek voortduur,” het sy gesê.

Intussen het Ronnie Meyer, Monica se stiefpa, aan Maroela Media gesê hulle vrees vir die ergste nadat dreigende boodskappe op Facebook geplaas is. Meyer het gesê hulle weet nie wie die boodskappe plaas het en of Monica daarvan bewus is nie. Hy het egter gesê daar word vermoed dat sy nie meer in Pretoria is nie.

Monica is blond met ʼn ligte vel en medium gebou. Sy het ʼn blou denimbroek en ʼn rooi sweetpaktop aangehad toe sy laas gesien is.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621