Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Mugabe kap weer na SA se wittes

$
0
0

Robert Mugabe. Foto: GCIS

Robert Mugabe. Foto: GCIS

Zimbabwe se pres. Robert Mugabe het sy toespraak as uittredende SAOG-voorsitter gebruik om onder Suid-Afrika se wit bevolking in te klim.

Mugabe het Maandag tydens die openingsessie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in Gabarone verwys na Seretse Khama, Botswana se eerste president en pa van die huidige president, Ian Khama, se huwelik met ’n wit vrou.

Mugabe het gesê Khama sr. het sy hoofmanskap verloor aangesien hy “soos alle jong mans verlief geraak het”. Sy “sonde” was egter dat hy op ʼn wit vrou verlief geraak het. Khama het met die Brit Ruth Williams getrou en Suid-Afrika het destyds druk op Botswana uitgeoefen oor die huwelik.

Mugabe het gesê dinge het intussen ten goede verander danksy diegene wat vir vryheid geveg het. “Kyk nou na ons. Kyk na Suid-Afrika. Ek dink hulle was die heftigste, die wit mense daar, teen die huwelik. Maar vandag is dit asof hulle nog altyd nierassig was,” het hy met ’n spottende Engelse aksent gesê tot vermaak van die gehoor.

“Nonsens, moenie dit aanvaar nie. ʼn Mens kan hul verraderlike optrede sien. Maar ek sê nie vergelding nie, nee. Ons is vry mense, liefdevolle mense, menslik. Afrikane is vol vreugde, en dans en lag die hele tyd. Maar moenie dat hulle ons vir die gek hou nie, want dan sal die duiwel in ons na vore kom.”

Die verhouding tussen Mugabe en Khama jr. is lankal gespanne met Khama wat gereeld kritiek lewer oor verwikkelinge in Zimbabwe. Hy was die enigste SAOG-leier wat die geloofwaardigheid van Zimbabwe se verkiesing in 2013 bevraagteken het toe die Zanu-PF met ʼn volstrekte meerderheid gewen het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621