Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Gesin sterf toe huis ontplof

$
0
0

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Gesin van Secunda in Mpumalanga het Maandagmiddag doodgebrand nadat ʼn reuse-ontploffing deur hul huis geruk het.

Sers. Gerald Sedibe, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê daar is nog baie min besonderhede oor die voorval beskikbaar.

“Bure het vertel hoe hulle omstreeks 12:30 ʼn harde ontploffing gehoor en gesien het hoe die gesin se huis in vlamme opgaan,” het hy gesê.

“In hierdie stadium weet ons nog glad nie wat die ontploffing veroorsaak het nie. ʼn Man, (vermoedelik 37 jaar oud), sy vrou (vermoedelik 35 jaar oud) en hul twee kinders, onderskeidelik 5 en 8 jaar oud, het in die huis doodgebrand.”

Volgens Sedibe word daar tans ondersoek ingestel wat die ontploffing kon veroorsaak het en is ʼn geregtelike doodsondersoek geopen. Die gesin is intussen as Morné en Ronel Kruger en hul kinders, Simoné en Reuben, geïdentifiseer.

Foto: SAPD Foto: SAPD

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621