
Argieffoto
ʼn Egpaar van Johannesburg is in hegtenis geneem in verband met beweerde belastingbedrog ter waarde van R51 miljoen.
“Fazel Karodia en sy vrou Amina, albei 43 jaar oud, het Dinsdag in die Johannesburgse streekshof verskyn in verband met hul vermoedelike betrokkenheid in ʼn gesofistikeerde multimiljoenrand se BTW-terugbetalingskema,” het Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), gesê.
Die egpaar is onderskeidelik op borgtog van R75 000 en R25 000 vrygelaat. “Die saak is uitgestel tot 20 Januarie 2016,” het Memela bygevoeg.
Die beweerde verlies aan die fiskus beloop R51 miljoen. “Verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.”