Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Polisie ‘laks’ om plaasmoordenaar vas te trek

$
0
0

Johan Coetzee. Foto: Verskaf

Johan Coetzee. Foto: Verskaf

Die dogter van Johan Coetzee, ʼn boer wat in Mei vanjaar wreed op sy plaas in Bon Accord, noord van Pretoria, vermoor is, het gesê die polisie is opsetlik laks om haar pa se moordenaar vas te trek.

Maroela Media het vroeër berig Coetzee (62) se liggaam is deur een van sy dogters, Riëtte Atkins, die middag in die varkhok op sy plaas aangetref, nadat sy hom nie in die hande kon kry nie. Hy is vermoedelik met ʼn graaf doodgeslaan.

Coetzee se kluis was met ʼn slypmasjien oopgesny en ʼn werker se paspoort en Coetzee se vuurwapen is gesteel. Sy twee selfone is ook gesteel.

Atkins het Maandag aan Maroela Media gesê die polisie sloer sedertdien met die ondersoek en maak geen daadwerklike plan om haar pa se moordenaar vas te trek nie.

“Ons is vas oortuig dit is die werker wat by my pa gewerk en ook op die plaas gebly het, wat agter sy moord sit,” het sy gesê. “Een van die huurders wat ook op die plaas gebly het, het hom [die werker] nog daardie oggend by die varkhok gesien. Sedert die moord het hy en sy vrou verdwyn.”

ʼn Polisieverslag wat in Maroela Media se besit is, dui ook aan dat die werker die enigste verdagte in die moordsaak is.

Atkins vertel dat sy gereeld sedert haar pa se moord sy selfoon skakel. Die foon is deur die loop van die dag afgeskakel, maar lui wel ná 18:00.

“Die polisie het ‘n dag ná die moord die selfoon opgespoor by ʼn adres in Musina, maar weke geneem om uiteindelik daarheen te ry. Hulle het teruggekom en bloot gesê daar bestaan nie so ʼn adres nie,” het sy gesê.

“Een aand in Augustus, toe ek my pa se foon skakel, het die foon weer eens net gelui. Ek het ’n SMS gestuur om te sê dat ek na hom soek. Ná ‘n ruk het iemand my van my pa se selfoon af gebel, maar vinnig doodgedruk voordat ek kon antwoord. ʼn Minuut daarna het die man my van ʼn ander nommer gebel,” het sy bygevoeg.

“Ek het vir hom gesê ek werk vir ʼn werwingsagentskap en het werk vir hom. Ek het die nommer toe op my foon gestoor en kon op die persoon se WhatsApp-profiel sien dat dit wel die werker is wat vir my pa gewerk het.  Ek het hierdie nommer en die foto op sy WhatsApp vergroot en uitgedruk en vir die polisie geneem. Ek het vir hulle gesê: ‘Hier is die moordenaar, julle kan hom in hegtenis gaan neem’. Maar hulle het niks daaraan gedoen nie.”

Sy vertel dat een van die polisiebeamptes gesê het sy moet probeer om die man te kry om haar êrens te ontmoet en dan moet sy die polisie bel om hom in hegtenis te kom neem. “So, die polisie gebruik my nou om ʼn lokval vir ʼn moordenaar te stel? Hy het my pa se vuurwapen gesteel, so hy sal waarskynlik die vuurwapen by hom hê. Wat as hy my skiet? Gee die polisie nie om vir my veiligheid nie?” het sy ontsteld bygevoeg.

Volgens Atkins het die speurder wat aanvanklik aan die hoof van die moordsaak was, intussen bedank. Die dossier is ook nog nie amptelik aan iemand anders oorhandig nie. Dit maak dit vir haar nog moeiliker om navrae by die polisie beantwoord te kry. Sy beweer ook dat dit byna onmoontlik is om die bevelvoerder van die betrokke stasie in die hande te kry en dat haar vrae oor die saak meestal onbeantwoord bly.

Met Maroela Media se navraag aan die provinsiale polisiewoordvoerder het dit aan die lig gekom dat die saaknommer verkeerdelik as ʼn saak van roof geregistreer is wat dit bemoeilik om die vordering van die saak na te gaan.

Maroela Media wag nog op kommentaar van die polisie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!