Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Kookwatermoordenaars’ in hof

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Twee vermeende moordenaars wat glo twee meisies en ʼn baba vermoor het deur hulle in kookwater te dompel, verskyn Dinsdag in die Palm Ridge-landdroshof.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 17 en 24 jaar oud, het na bewering vroeër die maand hul niggies, Lerato Letswalo (18) en Priska Movit (23), by hul huis in Katlehong aan die Oos-rand aangeval. Movit se ses maande oue baba, Bokamoso, en ʼn derde meisie, Nthabiseng Letswalo (22), is ook aangeval.

Lerato, Priska en Bokamoso is al drie met ʼn skerp voorwerp gesteek voordat hulle in kookwater gedompel is. Hulle is op die toneel dood.

Nthabiseng, die enigste oorlewende van die gru-aanval, het later vertel hoe sy oorleef het deur op die vloer te lê en te maak of sy dood is. Sy is met ʼn staalpyp gesteek en aangerand.

Sy het gesê toe die aanvallers hul rug op haar gedraai het, het sy die staalpyp gegryp en hulle geslaan totdat hulle gevlug het. Die aanvallers het probeer om met skootrekenaars en ander items te vlug, maar is deur inwoners voorgekeer en aangerand.

Die polisie het tot die verdagtes se redding gekom.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images