Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Ses sterf in drie ongelukke

$
0
0
Die ongelukstoneel by Warden in die Vrystaat. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel by Warden in die Vrystaat. Foto: Netcare 911

Ses persone is Sondag dood in drie van die talle noodlottige ongelukke die afgelope naweek op die land se paaie.

Een persoon is dood en vyf is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem toe die bakkie waarin hulle onderweg was op die S144-pad, ongeveer 40 km buite Bloemfontein, omgeslaan het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het wrakstukke van die bakkie wyd oor die ongelukstoneel verspreid gelê. “Vyf van die insittendes het ernstige beserings opgedoen terwyl nege slegs met ligte beserings daarvan afgekom het.”

Die beseerdes is na hospitale in Bloemfontein gehaas.

In nog ʼn ongeluk in die Vrystaat het ʼn bakkie omstreeks 05:00 onder ʼn vragmotor beland tussen Roadside en Warden.

Volgens Botha is die bestuurder van die bakkie op slag dood. “Die bestuurder van die vragmotor het van die ongelukstoneel gevlug en dit is onbekend of hy beserings opgedoen het.”

In ʼn derde ongeluk was daar ʼn trompop-botsing tussen ʼn bakkie en ʼn taxi op die N3 naby die Ortman-afrit in Pietermaritzburg.

Nooddienswerkers op die toneel het gevind dat die taxi omgeslaan en verskeie kere gerol het. Volgens Botha was van die insittendes nog in wrak vasgekeer. “Twee mans en een vrou het in dié ongeluk gesterf,” het hy gesê.

Een van die passasiers was in ʼn kritieke toestand en is saam met 15 mense wat ook ernstig beseer is na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling. Onder die beseerdes was vier kinders tussen die ouderdomme van 2 en 4, het Botha gesê.

Al drie ongelukke word deur die plaaslike owerhede ondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images