Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Durban-verkragter sit lank

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 49-jarige vrou in Durban in 2011.

“Prince Mkhize (41) is Vrydag in die Durban-streekshof gevonnis vir die verkragting van die 49-jarige vrou in November 2011,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vrou was in haar tuin by haar huis in Glen Ashley in Durban-Noord toe Mkhize haar genader het. Hy het haar na bosse gesleep en verkrag.

“Polisiebeamptes het met behulp van Chubb-veiligheidswagte die verdagte opgespoor en hy is dieselfde dag in hegtenis geneem,” het Zwane bygevoeg. “Die man het verskeie kere in die hof verskyn voor hy uiteindelik gevonnis is.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Latest Images