Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Foto’s] Nazi-vlae en vuurwapens in Bothasig gevind

$
0
0
Nazi-vlae wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency

Nazi-vlae wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ʼn wenk ontvang en vuurwapens, ammunisie, weermagtoerusting en Nazi-vlae in Bothasig, Kaapstad, gevind.

“Die provinsiale ondersoekeenheid is na ʼn huis in Vryburgerstraat nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het,” het die polisie Vrydag gesê. “Die beamptes het omstreeks 11:40 die woonstel agter die huis betree en beslag gelê op twee vuurwapens, twee knaldempers, ʼn teleskoop, verskeie magasyne en ʼn groot aantal ammunisie van verskeie kalibers, insluitend R1’s, R5’s, 9mm en .45’s.”

Volgens die polisie het beamptes ook weermag-, opleidings- en herlaaitoerusting, asook Nazi-vlae en -memorabilia gekonfiskeer.

“Alhoewel niemand in hegtenis geneem is nie, is ʼn persoon van belang geïdentifiseer,” lui die verklaring. “Die besonderhede van al die items sal bekend gemaak word sodra speurders die ondersoek op die toneel afgehandel het.”

Vuurwapens wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency Ammunisie en magasyne wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency Nazi-vlae wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!